Diensjaar 2025

Die Diensjaar is n ja-jaar! Kom ons omarm geloofsontwikkeling, persoonlike groei, en gemeenskapsdiens met oorgawe. Deur ons diensbaarheid weerspieël ons die karakter van Jesus Christus, die grootste dienskneg van almal. By Diensjaar bou ons kosbare verhoudings, veral n diep verhouding met Jesus. Ons glo dat hierdie verhouding elke individu met n Romeine 12 lens sal toerus, wat lewenslus en doelgerigtheid bring.

Algemene vrae

Wie kan inskryf?
Matrieks van 2024 wat 'n jaar aan geloofsontwikkeling, persoonlike groei, diensbaarheid en nuwe avonture wil wy.

'n Beperkte aantal plekke is beskikbaar!

Waar is Diensjaar?
Potchefstroom, Noordwes
(Verblyf word voorsien.)

Wat sal die jaar vir my inhou?
  • Persoonlike ontwikkeling
  • Spiritualiteit opleiding
  • Praktiese bedieningservaring
  • Loopbaan-blootstelling
  • Studie-blootstelling
  • Nuwe vriendskappe
  • Uitreike

Wat is die kostes van Diensjaar?
Die jaar se kostes beloop R60 000 per persoon.
Dit sluit in: verblyf, uitreike, opleiding, kampe, en vervoerkostes na voorgenoemde geleenthede.

'n Deposito van R10 000 word vereis om jou plek te reserveer. Die deposito is slegs terug betaalbaar tot 15 Januarie 2025.

Aan die einde van die jaar vind 'n internasionale uitreik plaas, met 'n bykomende koste van R25 000.
(Daar sal deur die loop van die jaar geleenthede vir fondsinsamelings wees. Die internasionale uitreik is opsioneel, maar dit is ons hoop en strewe om elke lid van die span saam te vat.)


MET LEWENSLUS TOEGERUS!

Volg die QR kode (of kliek HIER) om te vra vir meer inligting (of in te skryf) en ons kontak jou binnekort!