Kandelaar Studentegemeente is 'n sending-gedrewe gemeente, wat daarna streef om disippels van Christus te wees en so ook Sy boodskap met die wêreld te deel-die wêreld naby aan ons, asook die wêreld bietjie verder weg. Ons reik graag uit na verskeie verskillende kultuurgroepe reg oor die wêreld. Onder andere: Botswana, Namibië, Plettenbergbaai, Frankryk, België, Sri Lanka & Indië. Ons stuur ook jaarlikse spanne na verskeie stranddiens geleenthede.