Waaroor gaan die projek en hoe kan ek betrokke raak?

 

Kandelaar Studentegemeente is ’n unieke gemeente wat op ’n baie unieke manier funksioneer.  Daar is nie baie ander gemeentes wat meer as 2000 lidmate het en nie ’n gebou van hul eie om vanuit te bedien nie.

Vir die afgelope 32 jaar was die kerkkantoor op kampus die hart van ons gemeenskap.  Dis hier waar ons kerk kon wees deur die week.

Na al die jare het die NWU egter hul gebou self nodig en bring dit vir ons as gemeente ’n nuwe uitdaging en geleentheid.

Omdat ons kantoor soveel meer as net ’n administratiewe funksie vervul is hierdie spasie vir ons baie belangrik.  Die Here het vir ons voorsien in ’n studentehuis naby die Kerkgebou waar ons dienste hou en hiermee kan die gemeente vir die eerste keer ook eiendom bekom en daarmee bepaalde sekuriteit.

 

Om hierdie geleentheid te realiseer moet ons ’n bedrag van R2 000 000 insamel.

Elke oud-student sal weet dat studente nie instaat is om dit self te doen nie.  Daarom benodig ons hulp van elke ou-lidmaat asook ouers van studente om seker te maak ons beskerm hierdie besonderse geleentheid om in jongmense se lewens te saai en so die koninkryk te dien.

 

As die Here dit op jou hart druk om ’n donasie te maak kan jy dit gerus doen.

Ons wil ons alumni lidmate uitdaag om te probeer om R1000 te skenk - eenmalig of met ’n debietorder oor ’n jaar versprei.

 

Baie dankie dat ons met vrymoedigheid kan uitreik na elkeen in wie se lewe Kandelaar oor die afgelope jare ’n rol kon speel.  Ons is opgewonde vir hierdie nuwe hoofstuk en sien uit om hande te vat met die grote Kandelaar-familie.

Donasies

As die Here dit op jou hart druk om te help kan jy donasies maak.

Hier volg die bankbesonderhede:

NG Kandelaar

Absa Tjek

670590542

Verwysing: kantoor

BLY OP HOOGTE!

Die diagram hieronder toon hoeveel geld ons van die finale bedrag al ingesamel het.

Kyk gerus die video vir verdere en alle benodigde inigting!

Vir enige navrae of onsekerhede, kontak gerus vir

Sanré by 082 555 3024 of vir

Ursula by 079 494 7999